Home / Noodsangfees in PE vir jong brandslagoffer

PLAASLIKE musikante tree op 25 Februarie by die Hoërskool DF Malherbe op in ’n Noodsangfees om geld in te samel vir ’n tweejarige meisie van Lephalale,

Isabella (Pippie) Kruger, wat op Oujaarsaand erg verbrand het toe ’n bottel vuuraansteekmiddel naby haar ontplof het. Haar pa was besig om die Oujaarsbraai se vuur aan te steek, toe sy hande aan die brand geslaan en die brand na Pippie, wat sowat drie meter van hom op die gras gespeel het, versprei het.

Die plaaslike konsert word gereël deur Danie Viviers van Dan Vaux Studios as een van talle wat hy vir die jaar beplan om geld in te samel vir Pippe en ander verdienstelike kinders.

Viviers, ’n brandweerman wat ook ’n bekende plaaslike sanger is, sê Pippie se ontbering het hom diep getref omdat hy in sy beroep al soveel te doen gekry het met kinders wat verbrand. “Om te brand is een van die seerste seer wat ’n mens kan derumaak. Ek wens dit nie eers vir my grootste vyand toe nie,” het Viviers gesê.

“Klein Pippie lê tans in die hospitaal. Sy het baie dringend ons hulp nodig sodat sy weer eendag kan terugkeer na haar huis toe. Ek weet wat hulp van vreemdes vir ’n kind beteken dit leer hulle om eendag iemand anders te help wat dit mag nodig kry,” het hy gesê.

Volgens Viviers gaan elke sent wat ingesamel word aangewend word om haar mediese kostes te dek asook te help met die rekonstruksie van haar liggampie.

Viviers beoog om minstens dertig soortgelyke vertonings regoor die land vir Pippe te doen met sangers wat heeltemal gratis sal optree. Bekende plaaslike sangers wat by die Baaise konsert sal optree sluit in Viviers (Dan Vaux ), Robert Gillmer, Patrick Lindoor, JJ Botha, Monique Botha, Monique van Driel en Ruan van der Kuil.

Benewens die musiek sal daar ook heeldag stalletjies wees, asook ’n potjiekoskompetisie, modeparade en modelkompetisie. Vir die jongklomp sal daar ’n springkasteel en narre wees. Toegang vir die fees is R20 vir volwassenes, R10 vir skoolgaande kinders en kinders onder sewe kry gratis toegang.

Diegene wat wil inskryf vir enige van die kompetisies of ’n stalletjie wil bespreek, kan vir Annelie Bekker skakel by 00768196563.

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Saturday 2012-05-19
Please select your area for forecast
CPT 11° - 15° icon
PTA 7° - 25° icon
JHB 5° - 22° icon
BLOEM 0° - 17° icon
DBN 14° - 21° icon
PE 7° - 14° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs