Die Hoërskool Andrew Rabie-leerders het bewys dat hulle harte sterk klop vir die regte dinge in die lewe. Ter ondersteuning van die Hart- en longstigting van Suid-Afrika het hulle op 1 Februarie hul skooldrag gekombineer met ietsie rooi. Sommige leerders was baie oorspronklik en oortuigend in hul keuse van bykomstighede – van ’n rooi seerowerkopdoek tot ’n meer besadigde rooi mussie.