Home / Interaktiewe Bruidskou by Elizabeth Place

VOORNEMENDE bruide wat idees en inspirasie soek om hul perfekte troudag te beplan, kan uitsien na Elizabeth Place se eerste Interaktiewe Bruidskou op Woensdag, 21 Maart.

Volgens organiseerder, Jana Rademeyer, bied Elizabeth Place die bruidskou aan om saam te val met die opening van hul nuwe dekorafdeling, Hire@PR. Elizabeth Place is ’n funksielokaal in Newtonpark wat geskik is vir konferensies, korporatiewe en privaatfunksies sowel as troues.

“Die Interaktiewe Bruidskou is ’n geleentheid waartydens ’n groep diensverskaffers wat al die fasette van ’n troue dek, byeen kom om hul dienste aan die publiek bekend te maak. Bruide wat inligiting, idees of inspirasie vir hul komende troudag soek, sal by hierdie geleentheid baat,” het Jana gesê.

Bruide wat die dag bywoon kan onder meer die funksielokaal, ’n trourok sowel as haarstilering, vir hul spesiale dag wen.

Die verskillende diensverskaffers sal elk ’n afsonderlike stalletjie beman asook deur die loop van die dag praktiese demonstrasies aan die publiek lewer. Daar sal ’n sigaar-sitkamer vir die aanstaande bruidegomme wees waartydens Elizabeth Place se Diensbestuurder ’n wynproe sal doen.

Die dag word afgesluit met ’n skou van vyf verskillende tema-troues; tradisioneel, swart en wit, rooi, kunstig en vintage.

Vir meer inligting skakel Jana Rademeyer by 00834599966 of 00413637038 of jana@elizabethplace.co.za

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Saturday 2012-05-19
Please select your area for forecast
CPT 11° - 15° icon
PTA 7° - 25° icon
JHB 5° - 22° icon
BLOEM 0° - 17° icon
DBN 14° - 21° icon
PE 7° - 14° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs