Krieketspelers van die Hoërskool Grey in die Baai het die Warriors-streek van Krieket Suid-Afrika (KSA) se Twintig/20- toernooi in Potchefstroom die afgelope naweek verteenwoordig. Ongelukkig het Grey vasgeval in sy eerste kragmeting teen die Hoërskool Nelspruit en met drie paaltjies verloor. In sy tweede wedstryd teen die Potchefstroom Gimnasium het Grey PE die wedstryd met agt paaltjies gewen. Die span se derde wedstryd teen die Hoërskool Noord-Kaap van Kimberley het uitgereën en die span se laaste wedstryd was teen die Hoër Jongenskool Paarl (Kobras) waar hulle ’n loesing van nege paaltjies toegedien is.