Home / Features / News / Warm kombersies vir kleinspan by dagsorg

HEELWAT kindertjies kan nou lekker warm middagslapies by hul dagsorg ge- niet, danksy kombersies wat Wyk 12 DA-raadslid, Shirley Sauls, en haar span in hul vrye tyd maak en aan hulle skenk.

Sauls, en haar vyf helpers gebruik afval-lap en spons wat hulle gratis by ’n maatskappy kry, en maak fraai kombersies wat die perfekte grootte is vir die matrassies waarop die kindertjies by dagsorgsentrums slaap.

“Ons het al heelwat skooltjies voorsien van kombersies. Dis lekker vinnig om te maak, en die kinders is tog so bly wanneer hulle die kombersies ontvang. Dit is ’n absolute plesier om dit vir hulle te maak, het Sauls gesê.

Dit is veral die nie-gegoede dagsorgsentrums wat hierby baat.

Verskeie dagsorgsentrums in Malabar, Parkside, Sherwood, Gelvandale is al van hierdie kombersies voorsien.

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Saturday 2013-05-25
Please select your area for forecast
CPT 11° - 19° icon
PTA 8° - 24° icon
JHB 9° - 23° icon
BLOEM 5° - 26° icon
DBN 16° - 25° icon
PE 10° - 23° icon
Visit AfricaWeather.com for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs