Home / Features / News / Lorraine inwoners rol moue op vir Mandela-dag

Ter viering van Nelson Mandela se verjaarsdag het inwoners van Wyk 8, onder leiding van DA raadslid, Gustav Rautenbach, meer as hul deel gedoen deur nie net een nie, maar drie projekte aan te pak.

Bome is geplant in die parkie op die hoek van Gisela- en Dijon-weg, vullis is van die spoorlyn verwyder en kospakkies is uitgedeel aan die plakkersgemeenskap wat baie swaarkry na verlede naweek se vloede.

“Aardverwarming is besig om die aarde negatief te beïnvloed. Die vraag na ontwikkeling is ook besig om ons laaste groen gebiede te vernietig en baie groen (bome) bly in die slag. Bome verteenwoordig lewe en speel ’n baie groot rol in voorsiening van suurstof. Dit lok ook diere (veral voëls) na die gebied en bome laat ’n omgewing ook baie netjies lyk,” het Rautenbach gesê.

Wat die skoonmaak van die spoorlyn betref, sê Rautenbach, hy het ’n vennootskap met Transnet Freight Rail aangegaan om saam die omgewing rondom die treinspoor skoon te hou.

Daar is vyf bome geplant deur persone wat vyf instansies verteenwoordig het. Hulle was Rautenbach en Kevin Govenden wat die hele gemeenskap en die vooruitgang van wyk 8 verteenwoordig het. Rudi van Schalkwyk (skoolhoof van Laerskool Lorraine) het ’n boom geplant ter wille van Christelike opvoeding.

Raadslid Brenda Matthee en Anzel Barnard het die vroue (moeders van ons nasie) verteenwoordig en a.o. JP Nel (Walmer SAPS sektorbestuurder vir Lorraine) en Glenn Scheepers (voorsitter van die Lorraine Buurtwag) het veiligheid en sekuriteit verteenwoordig.

Lauren Wotherspoon (Laerskool Lorraine hoofmeisie) en Grant Collins (Laerskool Lorraine hoofseun) het die jeug verteenwoordig. Ongeveer 120 leerders van die skool het ook deelgeneem aan die projek.

SASSA (die Suid Afrikaanse agentskap vir sosiale sekuriteit) het gehelp met die oorhandiging van 90 kospakkies, ter waarde van R1400, aan huisgesinne van die plakkergemeenskap.

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Sunday 2013-05-19
Please select your area for forecast
CPT 10° - 25° icon
PTA 10° - 21° icon
JHB 8° - 19° icon
BLOEM 6° - 23° icon
DBN 13° - 23° icon
PE 10° - 26° icon
Visit AfricaWeather.com for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs