Home / Features / Kabega-leerders slaan kontant los inomgewingskomp...

DIE Laerskool Kabega het R15000 losgeslaan toe ’n dramagroep van die skool tweede geëindig het in ’n Omgewings-kompetisie wat op Vrydag, 27 Julie by die Kwadwesi-gemeenskapsaal aangebied is.

Oos-Kaapse laerskole is deur die Omgewingsbemagtigingsdienste, ’n sub-direktoraat van die Oos-Kaapse departement van ekonomiese ont-wikkeling, omgewingsake en toe-risme, genooi om aan die kompetisie deel te neem. Die tema van die kompetisie was “Volhoubare ontwikkeling, my verbintenis tot toekomstige generasies” en deelnemende skole is versoek om op enige kunstige wyse hul intrepretasie van die tema te demonstreer. Slegs skole wat reeds werksaam is aan ’n omgewingsprojek is deelname toegelaat en moes hulle ook ’n portefeulje van die projek inhandig.

Vir die afgelope 10 jaar besoek ’n groep van Kabega se gr.6-leerders die Baakensrivier in Kabega Park as deel van natuurwetenskap-klaswerk. Die doelstelling is om die belangrikheid van die ekosisteem te ondersoek. Die water word onder meer getoets, die rivier se sterkte gemonitor en uitheemse plantegroei word geïdentifiseer. Die omgewing rondom die ri- vier word ook deur die leerders skoongemaak.

Die unieke drama-uitvoering, wat deur Corrie van Eck (gr.6-klasonderwyseres en natuurwetenskap-vak-hoof) saamgestel is en deur vier gr.7-leerders opgevoer is, het gehandel oor die belangrikheid van riviere, die oorsake wat lei tot die vernietiging van riviere en die verskillende wyses waarop die probleem aangespreek en opgelos kan word.

Twee van die deelnemers, Amahle Ciliwe en Yolisa Sikithi, het die rivier uitgebeeld en namens die rivier gepraat. Angelique Leschinsky het die oorsake wat lei tot die vernietiging van die rivier uitgebeeld en Sisipho Ngalo het vertel hoe die probleem aangespreek kan word.

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Saturday 2013-05-25
Please select your area for forecast
CPT 9° - 20° icon
PTA 8° - 25° icon
JHB 6° - 23° icon
BLOEM 2° - 25° icon
DBN 15° - 24° icon
PE 13° - 22° icon
Visit AfricaWeather.com for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs