Drie leerders van die Laerskool Kabega het baie goed presteer tydens die Laerskool Setlaarspark se wetenskap-ekspo. Mandla Boltina (gr. 5) het met sy projek “Reading vs Viewing” ’n tweede plek in die afdeling vir gr. 4- tot 7-leerders behaal. Hayley Jackson (gr. 3) het met sy projek “Does boiling seeds make them grow faster?” ’n derde plek in die afdeling vir gr. 1-3 behaal. Roche O’Neill (gr. 3), het die eerste plek ingepalm met sy projek “Veilige lig” in die afdeling vir gr. 1-3. Die leerders het prysgeld van R900 vir die skool gewen.