Features / Onderwysers help leerders om entrepreneurs te wees

TWEE onderwysers se persoonlike stryd met kanker was die inspirasie vir ’n ekonomieklas om duisende rande vir kankernavorsing in te samel.

Die gr.9 ekonomiese- en bestuurs-wetenskap (EBW) klas van die Hoërskool Collegiate het onlangs ’n bedrag van R16800 aan die Oos-Kaapse Igazi-stigting vir bloedkanker geskenk.

Dít na die leerders deur twee van hul onderwysers, Marsha Kerrigan en Nikki Fyvie, se persoonlike stryd met kanker geïnspireer is.

Fyvie, ’n musiekonderwyser by die skool, is ’n vrywilliger by die Igazi-stigting en het haar stryd teen bloedkanker oorwin.

“Ek kan nie beskryf hoe trots ek op ons meisies is nie. Toe daar destyds akute bloedkanker by my gediagnoseer is, het die dokters my net 48 uur gegee om te leef. Elke bietjie wat deur dié klomp ingesamel is, help om iemand anders se 48 uur te verleng of om ’n lewe te red,” het Fyvie gesê.

Kerrigan, die klas se EBW-onder-wyser, se pa, Kevin, is in 2007 aan kanker dood. As welbekende plaaslike sakeman, wat in 1978 sy eie onderneming in die Baai begin het, het Kerrigan haar gr.9-meisies geïnspireer met sy nalatenskap as entrepreneur om hul eie fonsinsamelingsprojek te begin.

“Die gr.9-sillabus vereis dat elke leerder ’n sakeplan moet optrek. Vir die afgelope vyf jaar het ons ons leer-ders toegelaat om hul planne uit te voer.

“Die uiteinde daarvan: hulle leen ’n klein bedrag geld van hul ouers om allerhande produkte te vervaardig wat hulle dan verkoop. En die wins gaan ten bate van kanker,” het Kerrigan gesê. Met die verkoop van kolwyntjies, kunspakkies en selfs ontwerpershandsakke, het dié ywerige groep hul stoutste verwagtinge oortref.

“Ek het nie gedink dat ons só baie geld sou insamel nie,” het Christy Morley (14) gesê. “En vir die één keer in my lewe was ek heeltemaal onselfsugtig! Ek het heeltyd net gedink aan watter verskil my harde werk in ’n kankerlyer se lewe sou maak.”

En vir Theresa Brummer (14) wat die meeste geld ingesamel het, is dit die ervaring van uitgaan en geldmaak vir iets waarin jy glo wat haar geïnspireer het.

Die EBW-klas is ook deur een van hul mede-leerders in die skool, Steph Kirsten (14), geïnspireer.

Kirsten, wat in 2006 met kanker gediagnoseer is, het gesê sy is geraak deur die feit dat haar portuurgroep omgee vir diegene wat vir hul lewe veg.

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Sunday 2013-05-26
Please select your area for forecast
CPT 12° - 16° icon
PTA 8° - 26° icon
JHB 6° - 24° icon
BLOEM 6° - 26° icon
DBN 16° - 28° icon
PE 11° - 22° icon
Visit AfricaWeather.com for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs