14de Laan, Walmer
Die ontstaan van die Hoërskool D.F. Malherbe spruit uit ‘n behoefte wat in die laat veertigjare onstaan het, naamlik vir ‘n Afrikaansmedium hoërskool vir die suidelike voorstede van Port Elizabeth. In 1955 is hierdie ideaal verwesenlik toe die "Afrikaansmedium Hoërskool in Walmer" sy deure vir die eerste keer geopen het. Daar is toe besluit om die skool na die gevierde skrywer en taalwetenskaplike, kultuurleier en Godsman, D.F. Malherbe te vernoem.