Die skoolgebou van Laerskool Verkenner (voorheen Linton Grange Primêre Skool) is teen 'n koste van £ 37,941 opgerig.Op Maandag, 11 April 1960 is die skool amptelik geopen en mnr. J.C. Nel, die eerste skoolhoof, sy vyf personeellede en 126 leerlinge, geklee in skoolklere van hul vorige skole, kon met onderwys en opvoeding begin.Die getal leerlinge het vinnig vermeerder en voordat die nuwe uitbreidings en pragtige skoolsaal in 1968 voltooi is, is daar met 6 klasse na 'n nabygeleë winkelkompleks getrek. Die omstandighede in daardie klasse was van so 'n aard dat die onderwysers en kinders met dankbaarheid hul nuwe klaskamers in besit geneem het.In die jare daarna het die leerlingtal steeds toegeneem. Elke moontlike vertrek moes as klaskamer ingerig word. Daar is selfs ses klaskamers in die skoolsaal ingerig. Die oprigting van opslaanklaskamers het die druk verlig.SKOOLGRONDEDie bestaande skoolgronde was baie gou te klein vir die behoeftes van die skool. 'n Stuk publieke grond is bekom en 'n gedeelte van die straat is gesluit om die skoolgrond uit te brei.In 1960 was die speelgronde nog wild en woes. Die seuns het pouses "Tarzan" gespeel.Vandag is die gronde netjies bewerk, met gras beplant en beskik die skool oor die nodige sportfasiliteite vir rugby, krieket, netbal en atletiek.MEDIUM VAN ONDERRIGDie medium van onderrig was aanvanklik parallelmedium (Afrikaans / Engels). Toe 'n nuwe skool vir Engelssprekendes in die omgewing opgerig is, is die skool in 1970 tot Afrikaansmedium verklaar.